Rabie / Rabe Familiebond Webwerf
Tuisbladsy en Gebruikerregistrasie
Ongeregistreerde gebruiker
Nuwe gebruikers
Klik hier om te registreer
Geregistreerde gebruikers
Gebruik die velde hieronder om aan te teken
E-posadres:
Wagwoord:
Indien u, u wagwoord vergeet het, tik u e-posadres in die veld hierbo en klik hier. U wagwoord sal per e-pos weer aan u gestuur word.
E-posadresse Beskikbaar
E-posadresse op die volgende domeins:
rabie.org.za
rabe.org.za
rabiebond.org.za
rabebond.org.za

is beskikbaar teen R120 per jaar (R10 per maand).
Kontak Renée Clarkson (e-posadres beskikbaar op die Kontakbladsy) vir meer inligting
Belangrike aankondiging: Nuwe webwerf
Geliewe asseblief kennis te neem dat die webmeester besig is om 'n nuwe webwerf te ontwerp in die plek van hierdie een.
Geen nuwe of aanvullende inligting rakende families wat in die afgelope paar maande ingestuur is aan Reneé Clarkson is op hierdie webwerf beskikbaar nie. Die sagteware wat gebruik was om familie-inligting vanaf 'n Windows gebaseerde databasis om te skakel na 'n Linux (web) gebaseerde databasis, is verlore weens diefstal.
Wees dus asseblief geduldig totdat de nuwe webwerf die lig sien.
Bekendstelling
Die Rabie / Rabe Familiebond se Stamboom webwerf is op die 18de April 2005 van stapel gestuur nadat Alet Swanepoel vrywilliglik die Rabie / Rabe inligting na elektroniese formaat verwerk het
Agtergrond
Die inligting omtrent die Rabie en Rabe stambome, wat op hierdie webwerf beskikbaar is, was saamgestel uit verskillende bronne. Dit mag egter wees dat daar Rabies en Rabes is wat nog nie in die databasis opgeneem is nie en daar mag ook foute voorkom. Kyk op die Kontakbladsy vir besonderhede aangaande errata en nuwe inligting.
Doel
Die doel van die webwerf is:
om inligting wat reeds versamel is, te publiseer
om aanvullende inligting en foto's te versamel aangaande mense en inligting reeds versamel
om foute in bestaande inligting reg te stel
om inligting aangaande alle mense met die van Rabie, Rabe en ander wisselvorms van die van, wat nie opgeneem is nie, se inligting te versamel vir publikasie
om 'n inligtingsnetwerk te skep tussen alle Rabies en Rabes
Terme en Gebruiksvoorwaardes
Slegs geregistreerde gebruikers sal toegelaat word om na persone en inligting te soek en gesinsblaaie te besigtig
Registrasie is gratis
Gebruikers moet geldige e-posadresse voorsien met registrasie
Gerbruikers se e-posadresse sal slegs aan die navorser en webmeester bekend wees en sal nie aan ander partye bekend gemaak word nie
Geen inligting op hierdie webwerf mag, hetsy elektronies of meganies, gereproduseer of in enige ander vorm, weergegee, gestoor, of versprei word vir publieke gebruik, sonder die skriftelike toestemming van die Rabie / Rabe Familiebond nie
Inligting op hierdie webwerf mag egter vrylik gebruik word vir persoonlike gebruik, met die voorwaarde dat alle bronverwysing, waar van toepassing, wat saam met die inligting op gesinsblaaie vertoon word, saam met die inligting gekopieër word
Blaaiersagteware ("Browsers") moet "COOKIES" van hierdie webbediener ondersteun en stoor
Statistiek
Genealogies
Mense8953
Rabie3373
Rabe1649
Swanepoel91
Viljoen71
Groenewald62
Van der Merwe56
Swart48
Middleton48
Botha45
Du Toit40
Le Roux40
Cloete34
De Wet34
Smith33
Pretorius28
Van Zyl28
Coetzee27
Van den Berg26
Joubert26
Du Plessis26
Grobler25
Meyer25
Van Niekerk24
Maree24
Nel24
Van Wyk24
Pienaar24
Pieters24
Marais23
Van Heerden23